Getuie vir Jesus
Somtyds laat ongelowige familie en medewerkers ons klein en minderwaardig voel (soos 2de klas burgers) – omdat ons christene is. En ongelukkig begin ons dit te glo met verloop van tyd. Dit is wanneer ons droefgeestige christene word. Bang om ‘n woord te sê in vrees dat jy dalk iemand anders sal aanstoot gee. En dit is presies wat die vyand wil hê ons moet voel! Gelukkig het ons ‘n keuse om so te voel of nie. Jesus het gesê dat wie Hom volg nooit honger of dors sal wees nie – ons is vrygemaak van sonde en die dood – ons is vernuwe, skoongemaak en vergewe. God het ons oneindig lief - vir ewig. Hoe kan ons met die wete dan droefgeestig wees?Handelinge 22:15 want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.
Ons moet ons koppe hoog hou en ander mense vertêl van die werk wat God doen in ons lewe. Ons is losgekoop en ons moet van Hom getuig met ‘n blye hart! Ons hoef nie klein in minderwaardig te voel nie want ons is groot in Hom. Ons hoef nie bang te wees om iets te sê nie, want Hy gee ons die insig en krag om Sy getuies te wees.


2 comments:
Jesus het die trooster gestuur toe Hy opgevaar het na die hemel. Die Christus wat nog altyd was in Sy totaliteit is beide Vader, Seun en Heilige Gees.
Die Heilige Gees woon nou binne in ons en daarom woon God,Jesus en die Heilige Gees binne in ons wat beteken dat ons die outoriteit van God, Jesus en die Heilige Gees binne ons het en daarom hoef en moet ons vir niks terug staan nie.
Jesus het immers reeds satan oorwin en al wat ons hoef te doen is om hom te weerstaan en hy sal van ons wegvlug.
Amen!
Post a Comment