Monday, June 9, 2008

Hoe kan ek onderskei tussen ware en leuen christene?

Baie van ons kom daagliks in aanraking met gelowiges wat hulself 'n christen noem. Hoe kan ek bepaal of die persoon werklik 'n kind van God is?

Quote:Mat 12:33 Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.
Vra jou die vraag af. Wat openbaar die persoon in sy lewe? Openbaar hy die volgende in sy/haar lewe?

Quote:1Co 13:1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 1Co 13:2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 1Co 13:3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 1Co 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 1Co 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 1Co 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 1Co 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 1Co 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. 1Co 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 1Co 13:10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. 1Co 13:11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. 1Co 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 1Co 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
Met bogenoemde weet jy met wie jy te doen het. Weet jy wie valsheid in hom/haar rondra. Wie dwaallering verkondig.

3 comments:

Riaan Oosthuysen said...

Jy is reg. Op die einde van die dag is die toets maar net weer liefde.

Anonymous said...

Paula ek weet nie of jy die boodskap van my gaan kry nie, maar baie dankie vir jou boodskappe. Ek gaan tans deur 'n moeilike tyd maar besef nou dat God my snoei en voorberei vir groter dinge in die lewe. Mag God jou en jou gesin ryklik seen. Willie Payne

Anonymous said...

Paula baie dankie vir al jou boodskappe. Dit het my insig gegee in my eie lewe Willie Payne