Vertrou God blindelings
Elia was ‘n reguit mens. Hy het nie doekies omgedraai nie. Hy was in diens van God. Hy was onverstrokke in sy opdrag van God. Hy was nie skaam om kant te kies vir God nie. Dit verg moed. Hy het met blindelingse geloof God gevolg. In vers 5 het hy gedoen soos God aan hom opgedra het. Hy het uithouvermoë gehad. Hy steek sy eie ego in sy sak om na die weduwee te gaan. Maar God is in beheer en Elia weet dit. Toe die weduwee se kind dood gaan was dit ‘n beproewing vir Elia. Maar Elia hou aan met bid. Die Here beantwoord sy gebed en die kind lewe weer.
Hoe sou ons met Elia vergelyk het? Ons moet vir die wêreld kan sê ons aanbid God. Ons moet nie saam met die wêreld gaan nie. Ons moet nie skaam wees vir God nie. Watse standpunt neem jy in vir God? Is ons bereid om God blindelings te vertrou?
As jy in diens van God staan sal satan jou aanval. Daar sal beproewinge wees. Volhard! Gaan aan, kom wat wil. Volhard! God wat roep is getrou. Ons moet bly wees as ons beproef word. Dan word ons sterker in ons geloof.
God wil hê dat ons ambasadeurs vir Hom moet wees. Ons moet Hom bo alles dien. Ons moet uitstaan in die wêreld. Ons moet God blindelings vertrou.



3 comments:
Ek glo altyd en die Engels sê dit beter. We must be prompt to do.
Baie mooi gestel Riaan.
Ek staan voor n berg, en ek het n ie die vaagste benul hoe ek dit betyds gaan beweeg nie, maar nadat jou stuk gelees het, is my geloof sommer weer versterk. Dankie dat ons kan weet dat God leef.
Post a Comment