Weer ‘n sondeval! Genesis 9:1-29
Na die sondvloed staan daar op die skoongewaste aarde (soos met die sondvloed) wéér ‘n boom in die middelpunt en weer lei die boom tot sonde. Noag het die boom geplant - ‘n wingerdstok. Hy het wyn gemaak en daarvan gedrink. Hy het egter te veel gedrink en dronk geword. Sy handewerk het hom oorheers.Baas het klaas geword. Skaamteloos lê hy kaal in sy tent om sy roes af te slaap. Só sien sy seun Gam hom en, sonder respek vir sy, pa vertel hy dit vir sy broers. Sem en Jafet neem ‘n kledingstuk, gaan agteruit by die tent in en maak hulle pa toe sonder om na hom te kyk.
Toe Noag uit sy roes wakker word, het hy gehoor wat sy seuns gedoen het. Die Here gebruik hom as profeet wat oordeel en genade oor sy seuns aankondig. Gam het sy pa gespot omdat hy slaaf van wyn geword het. Nou sal Gam se seun, Kanaän, ‘n slaaf van sy broers word (Jos 9). Daarteenoor word Sem geseën en Jafet deel daarin. Sem sou in ‘n besondere verhouding met God leef. In die stryd tussen God en Satan sal Een uit Sem se nageslag die oorwinning behaal. Dit is Christus wat aan die kruis oorwin het.
Ds AP Krüger (Postmasburg)



0 comments:
Post a Comment